Ekonoom reageer op moontlike prysstyging in krag

Reaksie word ontvang op berigte dat NamPower ‘n verhoging van 12,8 persent aangevra het. Dit sal verdere druk op die verbruiker plaas omdat plaaslike owerhede en streeks kragverspreiders die prys verder sal opstoot. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence het sy mening so verwoord.