Ek sal nie met getuies peuter nie – Gustavo

Die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo se borgaansoek is aan die gang. Volgens sy regslui, het hy verskeie mediese toestande ontwikkel sedert hy in aanhouding is maar, dat dit belangriker is dat hy nie met enige getuies sal inmeng nie. Hy het dit so voor regter Herman Oosthuizen verwoord.