Gesondheid evalueer sy prestasie
Die Namibiese gesondheidsministerie het sy tweede gesondheidshersiening begin. Die ministerie sal sy prestasie vanaf 2009 tot 2021 hersien en ook enige vordering ondersoek. ‘n Weeklange werkswinkel word met alle streeksverteenwoordigers gehou. Die gesondheidstelsel sowel as die algehele gesondheid van die Namibiese bevolking sal onder die loep kom, saam met dienste wat gelewer word. Die implementering van die ministerie se 2018- 2022 sal ook geëvalueer word, veral in die lig van Visie 2030.