Efundja: Onderwysministerie sê oor planne

Die Namibiese onderwysministerie was op ‘n vloed-evaluering-sending saam met die goewerneur en voorsitter van Ohangwena-streekSraad, die Namibiese weermag en ander belanghebbendes. Die doel was om te evalueer hoe die vloede die gemeenskappe, sowel as die skole raak. Slegs twee kiesafdelings van Engela en Ongenga is tot dusver geraak. Slegs drie skole met 26 leerders is in die Ohangwena-streek geraak. Lesse by die Laerskool Ndilokelwa is vir eers opgeskort totdat die situasie normaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, gepraat oor wat die ministerie doen met leerders in vloedgeteisterde gebiede.