Duvenhage meen daar’s moontlik ‘n komplot teen Ramaphosa

Reaksie word ontvang op die jongste inligting wat verkry is deur amaBhungane, ‘n ondersoekende joernalistieke groep wat Namibiese media insluit. Volgens die groep is daar ‘n toesmeerdery van die 2020-diefstal van sowat 4 miljoen Amerikaanse dollar in kontant vanaf President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas in Limpopo. Professor Andre Duvenhage, ‘n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, sê dit klink meer na ‘n politieke komplot…

Vrae het ontstaan oor hoe Ramaphosa die kontant wat in sy huis versteek is sal verduidelik. Duvenhage het sy mening so verwoord.