Duitse valmskermswewer beswyk aan beserings

’n Duitse valskermswewer wat Dinsdagmiddag ernstige kop-beserings opgedoen het toe hy teen Leeukop in Kaapstad vasgevlieg het, het gesterf. Die 47-jarige man het aan sy beserings beswyk. Volgens die polisie doen die Woodstock-polisiekantoor ’n geregtelike doodsondersoek na die voorval. Die Duitser het vanaf Leeukop se boonste wegspringplek, wat 450 meter bo seevlak is, met sy sweefvalskerm gesweef. Leeukop word nie baie vir valskermsweef gebruik nie omdat dit ’n komplekse terrein. Woordvoerder van die polisie, FC van Wyk…