Namibiese ekonoom gee hoop oor inflasiekoers

In Desember 2022 het die jaarlikse inflasiekoers met 6,9 persent gestyg vergeleke met 4,5 persent wat in Desember 2021 aangeteken is, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Verbruikersprys-indeks. Die vernaamste bydraers tot die jaarlikse inflasiekoers was vervoer, en kos en nie-alkoholiese drankies met 2,2 persent, alkoholiese drank en tabak met 0,6 persent en behuising, water, elektrisiteit, gas en ander brandstowwe met 0,2 persent. Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is hoop in vrband met die inflasiekoers.