Chinese man jaag in voetgangers vas, vyf dood

‘n Chinese man is in hegtenis geneem nadat hy in Guangzhou in die suide van China in voetgangers vasgejaag het. Vyf mense is dood en nog 13 ander beseer. Volgens video’s wat op sosiale media versprei word, lyk dit asof die swart sport-nutsvoertuig op twee afsonderlike plekke in die vierrigting-kruising deur voetgangers geploeg het. Die voorval het plaasgevind in ‘n besige, luukse handelsdistrik van die stad met 19 miljoen inwoners. In Februarie verlede jaar het die bestuurder van ‘n mini-vragmotor tussen mense in die suidelike provinsie van Fujian ingejaag. In dié voorval is drie mense dood en nege beseer.