Duitse sendeling in Opuwo vas vir ‘ontsedelike aanranding’

Daar word berig dat ‘n Duitse burger in hegtenis geneem is in verband met wetgewing wat handel met die onsedelike aanranding van kinders en die beskerming van kinders, alhoewel die polisie nie klagtes bekend wou maak nie. Owerhede het aan plaaslike media gesê die ondersoek duur nog voor maar, dat die man in die gebied van Opuwo ‘n vreemde verhouding met twee meisies, agt en 11 jaar oud, gehad het. Hy is herhaaldelik in hulle geselskap gesien en het ook na bewering, hulle twee dae by sy woning aangehou, onder die vaandel van navorsing vir die vestiging van ‘n kinderhuis. Dr. Ramon Flick, 50, se saak is in die Opuwo-landdroshof tot 17 Januarie uitgestel wanneer hy vermoedelik vir borg aansoek sal doen. Sy naam word verbind met navorsing oor slenkdalkoors maar hy het ook die Papa Ramon’s Hope Kids gestig. Hy het ook in Uganda ‘n kinderhuis gestig. Hy beskryf homself as a sendeling en sê God het hom geroep om kinders by te staan.