30 dood in veerbootbrand in Bangladesj

Meer as 30 mense is dood in ‘n brand wat op ‘n veerboot op die suidelike Sugandha-rivier in Bangladesj uitgebreek het. Volgens internasionale media het die brand op die driedek-vaartuig in die middel van die rivier naby die dorp Jhalakathi uitgebreek, terwyl die veerboot van die hoofstad Dhaka af na die stad Barguna onderweg was. Daar was na wat berig word sowat 500 mense aan boord. Amptenare sê die sterftesyfer kan styg namate die soek- en reddings-proses vorder.