Vrou veg vir haar lewe nadat sy vanaf brug in Whk spring

‘n Vrou veg op die oomblik vir haar lewe nadat sy rondom tien-uur vanoggend van die Florence Nightingale-brug in die hoofstad by die Westelike Verbypad gespring het. Volgens die Namibia Marshall Rangers is al die nooddienste op die toneel en dit is nie bekend wat die omvang van haar beserings is nie. Sean Naude, stigter van die groep, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die vrou reeds ‘n geruime tyd vanoggend op die brug sit en sy is deur talle verbygangers en motoriste gesien maar is geen bystand gebied nie. Geen verdere besonderhede is op die stadium bekend nie.