Drie jagluiperds vrek in Namib as gevolg van antraks

Volgens ‘n verslag wat in Frontiers in Veterinary Science gepubliseer is, is drie karkasse van jagluiperds wat in die Namibwoestyn gevind is, se vrektes verbind met antraks. Volgens die data wat deur een van die jagluiperds se GPS-nekband deur die IZW jagluiperdsnavorsingsprojek ingesamel is, word die jagluiperds se vrektes met ‘n bergesebra verbind wat positief vir antraks getoets het. Dit is die eerste aangetekende geval van wildlewe wat positief vir antraks in die Namibwoestyn getoets het.