Djokovic hoop op nog ‘n titel

Tennis: Die loting vir die ATP-jaareindtoernooi in Turyn vind vandag plaas met Novak Djokovic wat graag ʼn sewende titel wil wen. Agt spelers word in twee groepe van vier elk ingedeel en die beste twee in elke groep vorder na die halfeindronde. Carlos Alcaraz maak sy debuut nadat hy die geleentheid verlede jaar weens ʼn besering misgeloop het, terwyl dit ook Holger Rune se eerste deelname aan die toernooi sal wees. Jannik Sinner het die eerste keer gekwalifiseer nadat hy voorheen as plaasvervanger deelgeneem het. Daniil Medvedev, Andrey Rublev, Stefanos Tsitsipas en Alexander Zverev sal ook meeding.