Die jaarlikse Kanselier Welwillendheidsgholfdag vind op Vrydag 24 September by die Windhoek Golf & Country Club plaas.

Gholfklubs maak weer oop en die Universiteit van Namibië-stigting se jaarlikse Kanselier Welwillendheidsgholfdag vind op Vrydag 24 September by die Windhoek Golf & Country Club plaas. Die jaarlikse byeenkoms het ten doel om fondse in te samel vir die studente finansiële hulpfonds vir studente wat net nie die middele het om hul uitstaande studiegeld af te betaal nie. Bernadette Bock, die stigting se direkteur, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.