Ramaphosa beplan waarskynlik verslapping in Covid-inperkings in die buurland

President Cyril Ramaphosa gaan na wat berig word waarskynlik verligting vir die gasvryheidbedryf en sakeondernemings in die buurland bring deur die inperking te verslap. Hoewel daar volgens die Suid-Afrikaanse media geen amptlike datum of tyd bekend is nie, het belanghebbendes wat die afgelope week met Ramaphosa vergader het, gesê vlak twee kan dalk so gou as vanaand reeds aangekondig word. Ingeligte bronne meen die aandklokreël gaan verander na tussen elfuur saans en vieruur in die oggend. Die beperkings op die verkoop van alkohol kan ook verslap word.