Radioaktiewe stof in renosters se horings gespuit sodat die horings maklik by grensposte opgespoor kan word

Suid-Afrikaanse wetenskaplikes spuit nou radioaktiewe stof in renosters se horings sodat die horings maklik by grensposte opgespoor kan word. Daar is reeds in die eerste ses maande vanjaar 249 renosters in die buurland gestroop.Dis 83 meer as in die eerste helfte van 2020. ‘n Navorser in kernfisika aan die Universiteit van die Witwatersrand, James Larkin, het gesê twee renosters is reeds met nie-radioaktiewe isotope ingespuit. Dit verseker dat die stof nie na die diere se liggame versprei of gesondheidsprobleme vir hulle of mense veroorsaak nie.