Die Bokke sal Saterdag alles gee, soos elke keer

Dit is Saterdag ʼn reuse Wêreldbeker-eindstryd tussen twee aartsvyande en die reuse van die Suidelike Halfrond, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die All Blacks het die afgelope naweek by die eindstryd ingewals deur Argentinië ʼn pak slae te gee terwyl die verdedigende kampioen, Suid-Afrika, naelskraaps met een punt oor Engeland geseëvier het. Die Bokke se hulp-afrigter, Deon Davids, sê die span sal alles gee, soos altyd.