Deysel vir 5 wedstryde geskors

Namibië se kaptein, Johan Deysel is vir vyf wedstryde geskors ná die duikslag waarin Frankryk se kaptein Antoine Dupont se wangbeen gebreek is. Die tugkomitee het bevind Deysel se vuilspel tydens verlede Donderdag se Wêreldbeker-wedstryd in Marseille was aan die bopunt van die skaal van  ernstige  oortredings. Wêreldrugby sê ‘n moontlike verbod van 12 wedstryde is as gevolg van versagtende omstandighede egter met 50 persent verminder. Die versagtende faktore sluit in die speler se verskoning aan Dupont asook sy vorige tugrekord.