DBN sê geen bod in Rossmund-veiling toegestaan nie

Die Rossmund-eiendom is nie verkoop nie. Die hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsbank van Namibië Martin Inkumbi sê die aanbiedinge wat ontvang is, is nie in lyn met die bepalings van die reël 108 bevel nie en dus, kon geen bod op die veiling toegestaan word nie. Die bank het die hoërhof vir die bevel gevra as gevolg an uitstaande skuld. Inkumbi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.