Persoonlike, internasionale belasting is grootste deel van NamRA-inkomste

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA het meer besonderhede bekend gemaak oor die amper 57,8 miljoen Namibiese dollar wat hy in die vorige boekjaar ingesamel het. Persoonlike belasting en die van internasionale bronne het elk 28 persent van die totaal beslaan terwyl belasting op toegevoegde waarde 24 persent uitgemaak het. Die agentskap het 9 persent meer belasting ingevorder as in die vorige finansiële jaar.