Toelaag-verhogings sal nog ‘n tydjie neem, NV moet nog begroting bekragtig

Pensioenarisse en kwesbare kinders sal nog moet wag terwyl die Nasionale Raad steeds die begroting bespreek. Die Nasionale Vergadering moet eers die begroting bekragtig voor verhogings in die toelae in werking kan tree, maar die huis het dit na die raad verwys. Na die raad sy proses voltooi word, sal dit terug verwys word na die parlement, soos parlementêre woordvoerder Rafael Hangula verduidelik.