Wrede dieremishandeling in hoofstad opgemerk

Daar is verskriklike berigte in die hoofstad dat honde met klippe doodgegooi word en dan geëet word. Terwyl armoede toeneem en met die huidige ekonomiese uitdagings en stygende voedselpryse, is dit steeds nietemin, teen die wet. Die Dierbeskermingsvereniging het hom ten sterkste daarteen uitgespreek en maan lede van die publiek om sulke gevalle aan te meld. Joseph Naimhwaka, ‘n inspekteur by die DBV het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.