DA wil wegdoen met roterende skoolstelsel

Die DA wil hê die departement van onderwys moet wegdoen met die roterende skoolstelsel. Die party het vandag ‘n aansoek by die hooggeregshof in Gauteng ingedien, in ‘n poging om druk op die regering uit te oefen en om skole te verplig om onmiddellik ten volle oop te maak. Volgens DA-leier, John Steenhuisen, is die rotasiestelsel ‘n ernstige skending van kinders se grondwetlike reg op basiese onderwys. Hy glo die langtermyn-gevolge vir kinders sal wees laer onderwysvlakke, laer inkomste en meer werkloosheid.