Herdenkingsteen van Ondonga-koning die naweek by Namutoni onthul

Hierdie naweek is ‘n geskiedkundige naweek vir Namibiërs, veral vir die Oshindonga-sprekende Namibiërs. Die Warriors-herdenkingsteen van die voormalige koning van die die Ondonga, Nehale Lyampinga, sal Saterdag by Namutoni in die Etosha Nasionale Park onthul word. Sy lewe sal Vrydagaand herdenk word met stories rondom die vuur. Presidetn Hage Geingob en ander politieke hoëlui, sal ook die geleentheid bywoon. Die woordvoerder van die Ondonga Tradisionale Owerheid, Ileni Nandjato, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.