DA vra antwoorde oor chaotiese Pole-‘plesiertog’

Die DA wil hê die hoof van die Presidensiële Beskermingsdienste, Wally Rhoode, moet aanspreeklik gehou word vir wat hy beskryf as die chaotiese plesiertog na die lughawe van Warskou in Pole. Meer as ʼn honderd veiligheidspersoneel en joernaliste is toegang geweier weens verkeerde wapenpermitte. Die groep het President Cyril Ramaphosa op sy vredesending na Oekraïne en Rusland vergesel. Andrew Whitfield van die DA het die waarnemende voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee polisie, Albert Seabi, versoek om die komitee byeen te roep om agter die kap van die byl te kom.