DA sê konstruksiemafia bedreig SA-ekonomieJuly 7, 2023

Die DA het aan die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, geskryf en gevra hy moet die konstruksiemafia en sy verwante afpersingsaktiwiteite as nasionale voorkeurmisdaad verklaar. Die konstruksiemafia verwys na verskeie sakeforums wat gewoonlik eis dat 30-persent van regeringstenders in die boubedryf se waarde aan hulle oorgedra word indien hulle geweld wil afweer. Die afgelope ses maande is 48 gevalle in Gauteng aangemeld, 30 in KwaZulu-Natal en sewe in die Wes-Kaap. Sello Seitlholo van die DA sê die konstruksiemafia bedreig die ekonomie: