DA in Oos-Kaap bevraagteken oorsaak van gebrek aan lugmediese dienste

Die DA in die Oos-Kaap bevraagteken die oorsaak van die vertraging met die terugkeer van die provinsie se lugmediese dienste. Die DA se provinsiale gesondheidswoordvoerder, Jane Cowley, sê die LUR vir Gesondheid, Nomakhosazana Meth, moet aanspreeklik gehou word vir die versuim om die diens aan die gang te kry. Cowley sê die diens is noodsaaklik om uiters siek of beseerde pasiënte binne die vinnigste moontlike tyd na die hospitaal te vervoer. Cowley het Meth aangemoedig om hierdie kontrak onmiddellik te beëindig en dan ‘n bekwame diensverskaffer aan te stel met geen gevestigde belange nie.