Polisie ondersoek bewerings van seksuele wangedrag van Albert Fritz

Die polisie het begin met ‘n ondersoek na die bewerings van seksuele aanranding teen die geskorste LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Albert Fritz. Die polisie het gereageer op navrae oor ‘n brief van die ANC waarin versoek is dat die saak ondersoek word. Volgens ‘n woordvoerder, Novela Potelwa, wag hulle op dokumentasie voordat ‘n saak geregistreer kan word. Die polisie doen ‘n beroep op alle beweerde slagoffers om sake te open met die nodige ondersteuning wat aan hulle beskikbaar gestel is.