Cyril wens Buthelezi spoedige herstel toe
President Cyril Ramaphosa het prins Mangosuthu Buthelezi ‘n spoedige herstel toegewens. Die stigter van die Inkhata Vryheidsparty en tradisionele eerste minister van die Zoeloes ondervind gesondheidsprobleme ná ‘n rugoperasie. Buthelezi se gesondheid het weens komplikasies verswak en hy ontvang mediese behandeling vir diabetes en hoë bloeddruk. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa is ingelig Buthelezi is nou in die intensiewe sorgeenheid.