Cyril se kabinet moet bedank

Die DA-leier John Steenhuisen sê President Cyril Ramaphosa se mislukking om sy beloftes oor leefstyloudits vir ministers na te kom, is net nog ‘n bewys dat sy kabinet moet bedank. Die minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, het vroeër die week erken dat geen ware vordering met leefstyloudits gemaak is nie. Steenhuisen sê Ramaphosa het nie sy belofte nagekom nie, want dit sou die korrupsie in sy eie kabinet ontbloot: