Cyril sê draadsit is beste vir SA

President Cyril Ramaphosa sê hy bly by sy besluit om in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies buite stemming te bly oor die Russiese inval in Oekraïne. Ramaphosa sê Suid-Afrika se standpunt is steeds dat konflik tussen die twee lande deur bemiddeling beëindig moet word. Ramaphosa het met die media gepraat ná die ANC se vergadering in Mpumalanga. Hy sê Suid-Afrika het buite stemming gebly omdat die voorstel nie die oproep om betekenisvolle interaksie voorop gestel het nie: