Covid-vlae keer terug in Frankryk, Brittanje

Covid blyk om sy terugkeer in Europa te maak al is gevalle nie oormatig ernstig nie. Frankryk het 125 000 nuwe infeksies bevestig, die hoogste syfer sedert 19 April, met ‘n gemiddeld wat op 18 000 daagliks gedurende Mei aangeteken is. Die regering blyk nie om vreeslik bekommerd te wees nie en het die publiek aan sosiale afstand herinner en hulle versoek om in klein spasies eerder maskers te dra. In die Verenigde Koninkryk is ongeveer 500 000 nuwe gevalle bevestig met owerhede wat sê tans het een uit elke 30 persone op die oomblik die virus, of 32 persent van die bevolking.