Inentingsveldtog teen masels eers gestaak, geen verdere uitbreking nie

Inentings teen masels is die week in die Omusati- en Kunene-streke deur die gesondheidsministerie aangebied. Dit volg na ‘n uitbreking op 1 Junie verklaar is met 23 gevalle. Covid het groot onderbrekings in die toedien van roetine inentings veroorsaak en masels kom sporadies regoor die vasteland voor. Die veldtog het reeds afgesluit en volgens die ministerie se skakelbeampte, Walters Kamaya, sal daar geen verdere veldtogte wees voor daar nie weer gevalle is nie.