Covid-gevalle daal met 43% in 7 dae

‘n Ontleding van die status van Covid-19 in Namibië is deur High Economic Intelligence voorgelê. Die stand van sake lyk goed. In die afgelope sewe dae het gevalle met 43 persent gedaal na ‘n gemiddeld van 29 ‘n dag, of 205 gedurende die week. Vergeleke met die vorige week is sterftes stabiel en nege is aangeteken. Khomas se gevalle het met 23 persent gedaal, al het die streek steeds die meeste gevalle aangeteken. Otjozondjupa lê tweede maar die streek se gevalle het met 21 persent gestyg. Net minder as 374 000 Namibiërs is ten volle ingeënt.