Covid-19: Positiewe gevalle in Namibië styg weer

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het opdrag gegee dat alle streeksdirektorate Covid-toetsfasiliteite heraktiveer. Hy sê Namibië ervaar ‘n toename in positiewe  Covid-gevalle. Die meeste gevalle kom in die streke van Khomas en Erongo voor. In November het 192 mense positief getoets en tot dusver was daar 166 positiewe gevalle in Desember. Nangombe maan dat enige persoon wat Covid-simptome toon, ongeag of hulle met ‘n positiewe persoon in kontak was, getoets moet word en in selfkwarantyn gaan totdat die uitslag bekend is.