Cholera eis 214 lewens in Malawi

Die Malawiese gesondheidsministerie het bevestig 214 mense het gesterf weens ‘n cholera-uitbreking. Die departement sê die land het sedert Maart 7 499 gevalle aangeteken. Die direkteur van voorkomende gesondheidsdienste, Storm Kabuluzi, sê 174 nuwe gevalle is aangemeld. Malawi het 2,9 miljoen dosisse mondelingse cholera-entstof van die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Verenigde Nasies se Kinderfonds ontvang in ‘n poging om sy immunisasie-veldtog te versterk.