Chiefs kry oud-Bafana-breier Ntseki

Die gewese Bafana Bafana-afrigter, Molefi Ntseki, is aangestel as nuwe hoofafrigter van Kaizer Chiefs se eerste span. Hy neem oor by Arthur Zwane, wat afgradeer is na hulpafrigter waar hy saam met Dillon Sheppard sal werk. Die 53-jarige Ntseki was voor sy aanstelling Amakhosi se hoof van tegniese en jeugontwikkeling. Chiefs se voorsitter, Kaizer Motaung, sê die klub sien daarna uit dat Ntseki sy ervaring deel en seker maak daar is bestendigheid in die span terwyl hulle prestasie verbeter. Chiefs het agt jaar laas ‘n beker gewen.