Census-kandidate moet teen môre bevestig
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê al die suksesvolle kandidate, 3 540 toesighouers en 121 kiesafdeling-toesighouers, is nou bekend. Die lys van name is op die agentskap se webtuiste sowel as sy sosiale media platforms beskikbaar. Al die kandidate moet dringend bevestig dat hulle beskikbaar is deur bevestiging, bank besonderhede en ID-nommers aanlyn te verskaf. Daarna sal ‘n geskrewe toets afgelê moet word. Alle dokumente moet teen middernag, 18 Augustus ingedien wees.