Calle maak stem dik by Wêreld-waterweek

Wêreld-waterweek 2023 vind tans in Stokholm, Swede plaas en word deur die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein bygewoon. Die tema is “Seeds of Change: Innovative Solutions for a Water-Wise World”. In sy toespraak het die minister gesê tydens die huidige politieke konflik en onstabiliteit is die multilaterale stelsel van die Verenigde Nasies erg skeefgetrek en die meerderheid van die wêreldburgers is uitgesluit in die besluitnemingsproses. Schlettwein sê waterskaarste is een van die oorsake van konflik.