Calle kap hard na Meatco

Die landbouminister het nie sy woorde gespaar in sy kommentaar oor Meatco nie. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die geheimsinnigheid van die maatskappy deur nie media toe te laat tydens ‘n vergadering met produsente is nie aanvaarbaar nie. Hy het weer beklemtoon dat die maatskappy boere gebruik as ‘n korttermyn bank en daarom is boere huiwerig om met Meatco te werk.

Hy sê sy sakereddingsplan is die oplossing maar, bestuurskwessies moet aangespreek word.