Bulle se Russell Winter bedank, gaan Japan toeJuly 18, 2023

Die Bulle se voorspeler-afrigter, Russell Winter, is op pad ooste toe. Die unie het bevestig hy het bedank om by die Kubota Spears in Japan aan te sluit na drie-en-ʼn-half jaar in Pretoria. Die Bulle het die Curriebeker twee keer gewen en die Super Rugby Unlocked-kompetisie een keer sedert Winter hom in 2020 by die span aangesluit het. Hy sê die besluit om weg te gaan was nie maklik nie, maar vorm deel van sy langtermyn-doelwitte. Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, het Winter bedank  vir sy reusebydrae tot die afrigtingspan.