Bulle kry afranseling by Leinster

Rugby: Die Bulle het ‘n klein voorsprong teen rustyd afgestaan met Leinster wat gisteraand teruggeveg het vir ‘n bonuspunt-oorwinning in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting in Dublin. Leinster is boaan die punteleer en die Bulle tweede. Die Bulle, wat teen rustyd met 14-12 voor was, moes in die tweede helfte vyf drieë afstaan, terwyl die broers Harry en Ross Byrne saam twaalf punte opgestapel het in die wedstryd wat Leinster met 47-14 gewen het. Die Haaie is vanmiddag in Durban die gashere vir die Skotse span Edinburgh, terwyl die Leeus in ‘n wegwedstryd die Ospreys in Wallis pak. Die Stormers speel teen nog ‘n Ierse span Ulster in Kaapstad.