Britte smul aan SA se pruime

Die Suid-Afrikaanse sagtevrugte-bemarker en -uitvoerder, Hortgro, sê Wes- en Oos-Kaapse pruimkwekers het dié seisoen oeste van uitstekende gehalte gelewer. Die maatskappy voorsien ‘n styging van 4 persent in uitvoere tot 15,8 miljoen kartonne. Hortgro sê hulle fokus op die smaak van Suid-Afrikaanse pruime, veral vir Britse verbruikers. Die hoofbestuurder vir handel en markte, Jacques du Preez, sê boere het ‘n reeks heerlike rooi-, pers- en geelpruime gekweek wat aan verbruikers ‘n wye verskeidenheid geure, teksture en kleure bied.