Swaar reën in die verre noordooste word verwag

Waarskuwings is uitgereik aan inwoners van die Zambezi- en twee Kavango-streke omdat swaar neerslae verwag word. Die tropiese storm Ana, beweeg tans oor Zambië maar begin reeds uitgooi oor die verre noordoostelike dele van Namibië. Voorspellings vir die res van die land oor die volgende week of twee is ook gunstig. Odillo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor het meer oor die korttermyn voorspelling.