Brittanje geen groenlig vir Rosebank olie-projek
Brittanje het goedkeuring gegee vir een van sy grootste nuwe olie- en gasprojekte in jare, Equinor se Noordsee Rosebank-veld, en sê energiesekerheid is die prioriteit ten spyte van teenkanting van omgewingsbewustes. Woensdag se aankondiging kom nadat premier Rishi Sunak tussentydse planne vir die regering se 2050 netto nul-emissieteiken afgewater het, ‘n stap wat volgens kritici ook ander lande kan aanmoedig om hul klimaatambisies in toom te hou. Claire Coutinho, minister van energiesekerheid, sê Rosebank sal minder emissie-intensief wees as ouer olie- en gasontwikkelings.