Bannerman begin bouwerk by Etango

Bannerman Mining Resources Namibia het begin met bouwerk by sy vlagskipprojek, die Etango uraanprojek, met myn-aktiwiteite wat geskeduleer is om in 2027 te begin. Bannerman het in Desember sy mynlisensie gekry. Die bou van die myn, wat tot 30 maande lank sal duur, sal sowat 7 miljard Namibiese dollar kos. Bannerman se besturende direkteur, Werner Ewald, sê die maatskappy het reeds twee kontrakte aan ‘n plaaslike maatskappy toegeken vir die bou van ‘n pypleiding en ‘n toegangspad na die projek. Die Etango-projek word gesien as een van die wêreld se grootste onontginde uraanneerslae en sal 750 permanente werksgeleenthede skep.