Boulter maak eerste verskyning in hoërhof

Die Britse sakeman Harvey Boulter wat aangekla word vir die moord op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk in Februarie verlede jaar, se saak is op 25 April oorgedra na die hoërhof waar hy vandag voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula verskyn. Die hoofklag is, volgens die hofrol, moord maar daar is nog klagte wat deur die aanklaer-generaal gefinaliseer is wat vandag bekend sal wees. Sy saak kom om nege-uur voor vir saakbestuur en daar word verwag dat sy verskyning vlugtig sal wees. Boulter is vry op borg van 500 000 Namibiese dollar.