Covid-syfers klim nou baie vinnig

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het sy kommer oor die jongste Covid-syfers uitgespreek. ‘n Totaal van 230 nuwe gevalle is uit 1 399 toetse bevestig wat ‘n positiewe koers van 16,4 persent verteenwoordig. Van die groep is 202 nuwe infeksies en 28 is herinfeksies. Windhoek het die meeste met 96. Daar is 39 leerders en 14 gesondheidswerkers onder die groep. Sestig pasiënte is in die hospitaal  met ses in hoësorg. Aktiewe gevalle is tans op 1 653.