Botswana ent 370 000 kinders teen polio, na gevalle gevind is
Botswana se gesondheidsministerie sê 370 000 kinders onder die ouderdom van sewe is ingeënt teen die entstof-afgeleide poliovirus tipe twee. Die woordvoerder van die ministerie, Christopher Nyanga, sê die inentings-veldtog het van 23 Februarie tot 2 April in alle distrikte geduur. Die virus is laat verlede jaar opgespoor in ‘n rioolperseel in Gaborone, met vier positiewe monsters wat in 2022 aangemeld is, en een in 2023. Nyanga sê hulle doel is om seker te maak die entstof bereik alle kinders en dat niemand agtergelaat word nie.