Bokomo verhoog in Julie pryse van meel en suiker

Bokomo Namibia het bekend gemaak stygende koste van rou-produkte asook ander prysstygings in die voedselwaardeketting dwing hom om op 18 Julie die prys van koringmeel en spesialiteit-suikerprodukte met onderskeidelik 8 persent en 10 persent te verhoog. Dit sluit meel vir die kleinhandel sowel as vir bakkerye in.